Toekomsvenster

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editora: Podcast
  • Duração: 12:06:13
  • Mais informações

Informações:

Sinopse

ToekomsVenster is daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVDs en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

Episódios

  • ToekomsVenster | ʼn Oproep tot geestelike volwassenheid

    08/12/2025 Duração: 05min

    Jesus vra steeds: “Verstaan julle?”. Dit is ʼn vraag wat groei en diepte van elke gelowige eis. Hierdie is die laaste ToekomsVenster-oordenking vir 2025. Nuwe oordenkings sal vanaf Maandag 12 Januarie 2026 beskikbaar wees. Geseënde Kersfees en voorspoed vir die Nuwejaar.

  • ToekomsVenster | ʼn Barmhartige uitnodiging vir die uitgeputtes

    08/12/2025 Duração: 03min

    Dalk is dit nie omdat jy nie meer krag vir die stryd het nie; dalk vra God net dat jy eers rus.

  • ToekomsVenster | Die roeping wat ons nie langer kan uitstel nie

    08/12/2025 Duração: 04min

    Volwassenheid beteken om nie net God lief te hê nie, maar om Sy wil te ken, Sy Woord te gebruik en Sy roeping te leef.

  • ToekomsVenster | Nehemia se roepstem weerklink

    08/12/2025 Duração: 03min

    Dertig jaar ná demokrasie is ons steeds in ʼn moeras, maar dalk is die uitkoms nader as ons dit saam aanpak.

  • ToekomsVenster | ‘Gaan maak vrede’ is die oproep vir ʼn land wat mekaar verskeur

    08/12/2025 Duração: 04min

    Ons gemeenskap deel soveel met mekaar en tog kies ons keer op keer om te baklei in plaas van te bou.

  • ToekomsVenster | Welkom tuis

    05/12/2025 Duração: 03min

    Ons kleinseun kom te vroeg, maar presies op God se tyd en herinner ons net hoe kosbaar die lewe is.

  • ToekomsVenster | Waar die krip en die kruis ontmoet

    04/12/2025 Duração: 03min

    In ʼn besige Kersseisoen roep God ons terug na die eenvoudige maar radikale hart van die Evangelie.

  • ToekomsVenster | God is ook hier teenwoordig

    03/12/2025 Duração: 05min

    Hy is uitnodigend teenwoordig deur sy Gees.

  • ToekomsVenster | ʼn Evangelis teen die tyd

    02/12/2025 Duração: 05min

    Selfs met ʼn fase 4-kankerdiagnose weier hy om sy roeping neer te lê, en miljoene mense pluk die vrugte daarvan.

  • ToekomsVenster | ʼn Afskeid wat my verander het

    01/12/2025 Duração: 03min

    Sy het ʼn grappie gemaak, getuienis gelewer en my met hoop laat wegstap. Dit is ʼn verhaal oor die laaste dinge wat regtig saak maak.

  • ToekomsVenster | God se woord is lewend en kragtig

    24/11/2025 Duração: 05min

    Die Woord sny nie om te vernietig nie, maar om te onthul waar waarheid moet groei.

  • ToekomsVenster | God se kinders, maar ons verantwoordelikheid

    24/11/2025 Duração: 06min

    God gee kinders aan ons, nie om te verwaarloos nie, maar om te beskerm.

  • ToekomsVenster | Die Gees vul jou met krag, liefde en selfbeheersing

    24/11/2025 Duração: 05min

    Waar jou krag ophou, begin die Heilige Gees se krag.

  • ToekomsVenster | Vir God is alles moontlik

    24/11/2025 Duração: 03min

    Wanneer jy nie meer weet hoe nie, herinner die Here jou: “Ek wil, en Ek kan”.

  • ToekomsVenster | God is by jou deur diep waters en vlamme

    24/11/2025 Duração: 03min

    God keer nie altyd die storm nie, maar Hy verlaat nooit die een in die storm nie.

  • ToekomsVenster | Versoening en volwassenheid

    21/11/2025 Duração: 03min

    Hoe kan ons wêreld verander as ons mekaar nie eers kan verdra nie. Die Bybel vra nie wie is reg nie, dit vra eerder wie het eerste gaan vrede maak?

  • ToekomsVenster | God is hier en alomteenwoordig

    20/11/2025 Duração: 04min

    Kom ons laat die Here toe om sy werk te doen.

  • ToekomsVenster | Erkenning, deernis en selfaanvaarding

    19/11/2025 Duração: 04min

    Wees jou eie beste vriend. As jy nie van jouself hou nie, hoe verwag jy dat ander van jou sal hou?

  • ToekomsVenster | Dissipline en deernis is die nalatenskap van ʼn pa

    17/11/2025 Duração: 04min

    Pa, gesels met jou seun. Daar is soveel verlore seuns, of is dit verlore pa’s?

  • ToekomsVenster | Krag van teenwoordigheid

    17/11/2025 Duração: 03min

    Vriende en medegelowiges speel ʼn ontsaglike belangrike rol in mekaar se lewens.

página 1 de 8