Tuine Gemeente

Informações:

Sinopse

Podcast by Tuine Gemeente

Episódios

  • 11 - 11 - 2018 (Aand) In My Lyf - Liefde

    12/11/2018 Duração: 18min

    "My LYF" Die lyf kan soms ‘n plek van groot frustrasie wees. ‘n Plek wat ons inperk. Dit kan egter ook ‘n plek wees wat ons vrymaak. Ons wonder saam verder oor hoe ons lyf inskakel met ons geloof.

  • 11 - 11 - 2018 (oggend)Bekeer Om Die Sirkel Te Voltooi

    12/11/2018 Duração: 23min

    Sondag vier ons weer GELOOF en LEWE. Ons is dankbaar vir die getuienis van 23 jongmense wat openbare belydenis van geloof aflê. ‘n Sirkel word voltooi om as oorgang te dien na ‘n volgende siklus. Ons elkeen word uitgenooi en uitgedaag om ons daagliks te bekeer om die sirkels van ons lewens te voltooi. Bekering is dus nooit ‘n bestemming nie, maar eerder ‘n FOKUS of RIGTING.

  • 04 - 11 - 2018 (aand) In My Lyf - Seksualiteit

    05/11/2018 Duração: 46min

    "My LYF" Sondagaand gesels ons oor drifte, passies en wellus. Ons moet verstaan hoe die liggaamlike energie wat in elke mense opgesluit is ons kan help om sinvol te leef. Ons word uitgenooi om die onlosmaaklike band tussen seksualiteit (ons soeke) en spiritualiteit (God) te ontdek en te waardeer.

  • 04 - 11 - 2018 (oggend) Om Nuut Te Word

    05/11/2018 Duração: 14min

    “Om nuut te word” Die ritueel van reiniging was lewensbelangrik vir die Jode gewees. Om skoon te wees bepaal jou verhouding met God. Dit maak dat jy toegang verkry tot heilighede en word ‘n weerspieëling van jou werklikheid. Maar hoe lyk die ritueel van reiniging vir ons? Hoe skep ons as Tuine gemeente heilige spasies in onsself en ons omgewing?

  • 28 - 10 - 2018 (Aand) In My Lyf - Openbaring

    29/10/2018 Duração: 23min

    Sacred space “The goal of God in everything is to glorify himself, to enjoy that glory, and to have his creation enjoy glorifying him forever.” Beale

  • 28 - 10 - 2018 (Oggend) Venster Op DIE Realiteit

    29/10/2018 Duração: 31min

    Venster op DIE realiteit...Kyk weer! Eenskomende Sondag gaan ons weer uitgedaag word deur die woorde van Jesus: Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” Leef jy gedurig met beheer, mag en oordeel, of kan jy die diepe uitnodiging hoor dat ons anders kan KYK? Waarvan moet jy MINDER seker wees, sodat jy van MEER seker kan wees?