Sa Gemeente Londen Preke - Audio
- Autor: Vários
- Narrador: Vários
- Editora: Podcast
- Duração: 264:57:00
- Mais informações
Informações:
Sinopse
Die nuutste audio preke vanaf SA Gemeente Londen
Episódios
-
A Fresh Start - Week 2
14/01/2018 Duração: 32minJericho was ‘n sterk vestingstad en dit sou nie maklik gewees het om in te neem nie, tog vertel Josua 6 hoe dit gebeur. Israel moes ontdek dat God klaar ‘n plan van oorwinning het, dat hulle Hom (weer) moes vertrou en (weer) gehoorsaam, al klink sy plan vreemd. Hulle ontdek ook dat God Hom nie altyd aan mensgemaakte voorskrifte en taboes steur nie – Hy gebruik ‘n prostituut en doen alles op die Sabbat!
-
A Fresh Start - Week 1
07/01/2018 Duração: 36minDie Here berei Israel in die woestyn voor vir die Beloofde Land, maar vir hulle om die land in te trek en in te neem moes hulle die lesse wat hulle in die woestyn geleer het – lesse van gehoorsaamheid, vertroue, afhanklikheid van God – toepas. Ons moet rpesies dieselfde paadjie in ons lewens stap.
-
-
Reformasie 500 - Week 1
01/10/2017 Duração: 34minRedding is uit genade uit… dit is ‘n gawe (geskenk) van God. Niemand van ons het enige iets waarop ons kan trots wees of roem nie. (Efesiërs 2:8, 9) Dit beteken eintlik dat ons nie deur enige goeie werk of voorbeeldige lewe onsself kan red nie. Omdat God vir ons lief is, stuur Hy vir Jesus wat vir ons sondes sterf! (John 3:16). Hierdie ou waarheid beklemtoon opnuut dat dit net God se liefde vir ons is wat geloof en kerkwees moontlik maak.
-
-
-
Sondag, 6 Augustus 2017
06/08/2017 Duração: 34minTerwyl Rian op vakansie is, staan gasprediker Rodney Woods van City Temple vir hom in vandag.
-
-
-
-
-
-
-
Die Lydensweg van Jesus 3
09/04/2017 Duração: 33minOngelowige Romeinse soldate staan voor die kruis en sien Jesus se lyding en hoe Hy alleen sonder God sterf (“My God, my God, waarom het U my verlaat?” – v 46) en juis dit oortuig hulle dat Jesus werklik die Seun van God is (v 54)! Jesus se lyding maak toegang tot God ‘n nuwe opwindende moontlikheid…
-
Die Lydensweg van Jesus 2
02/04/2017 Duração: 37minPaulus skryf in Romeine 5:1-11 dat Jesus se kruisdood baie meer vir ons wil kom doen as wat ons soms besef: Dit bring vrede met God wat sorg vir ons verlede (v 1); dit skep vrye toegang tot God wat sorg vir vandag (v 2) ; en gee hoop wat sorg vir ons toekoms (v 2b-5). Wat dit nog meer aangrypend maak is dat dit gebeur het toe ons nog magteloos was (v 6), sondaars was (v 8) en vyande van God was (v 10)! Hy sterf vir ons sonder dat ons dit ooit kan verdien.
-
Die Lydensweg van Jesus 1
26/03/2017 Duração: 37minDie Lukas evangelie begin die lydensverhaal van Jesus by die mislukking van die dissipels. Judas verraai Jesus, die dissipels stry oor wie die belangrikste is, die dissipels kan nie wakker bly om te bid nie en Petrus verloën Jesus. En tog stap Jesus steeds die volle lydensweg, en sterf Hy vir ons tsv al ons mislukkings!
-
Kerk by 'n Kruispad - Week 9
19/03/2017 Duração: 36minDie boek Openbaring maak klaar by ‘n feesmaal (19:5-9) en by ‘n bruilofsfees (21:1-7). Katastrofe en chaos is nie die laaste woord in die Bybel nie – en nooit die laaste woord vir ‘n gelowige of ‘n kerk by ‘n kruispad nie. God se plan met die wêreld en met elke mense is redding en verlossing. Hy stuur sy Seun aarde toe om vir ons sondes te sterf, maar op die laaste bladsye van die Bybel sê Jesus 3 maal: “Kyk, Ek kom gou!” Jesus is oppad terug om ons as sy bruid te neem!
-
Kerk by 'n Kruispad - Week 8
12/03/2017 Duração: 39minOpenbaring wil ons leer dat God finaal die satan gaan verslaan. Jesus het aan die kruis die duiwel en die dood oorwin, en die finale oorwinning is gewaarborg. Tog weet ons dat die duiwel aktief besig is om ons te versoek en lewens te vernietig. Jesus leer ons bid in die Onse Vader: "Verlos ons van die bose...". Hy is self deur die duiwel versoek. Maar, ons weet dat die duiwel klaar verslaan is, en dat God die finale oorwinning gaan behaal - Openbaring 17:14. God sit klaar op die troon!
-
Kerk by 'n Kruispad - Week 7
05/03/2017 Duração: 35minIs jy gereed vir die oordeelsdag? Is jy opgewonde daaroor of bang daarvoor? Kan dit maar vandag wees? 'n Groot deel van die boek Openbaring gaan oor God se finale oordeel en of ons daarvan hou of nie, daaroor wil praat of nie, gemaklik is daarmee of nie - dit gaan definitief kom. God gaan die wêreld en vir elkeen van ons oordeel en ons staan by daardie kruispad.
-
Kerk by 'n Kruispad - Week 6
26/02/2017 Duração: 36minOpenbaring 6 en 7 vertel van die oopmaak van die 7 seëls. Die punt van die hele gedeelte is dat eers as die 7 seëls oopgemaak is, sal ons werklik weet wat die toekoms inhou. Seëls 2-6 wil vertel van allerhande soorte swaarkry en verdrukking,en net as mens wil opgee of moedeloos word, sien Johannes 144000 gelowiges wat bly staan in hulle gloof tsv al die swaar. Die eerste seël sê sommer in die begin dat Jesus klaar die oorwinnaarskroon dra, maak nie saak wat nog moet kom nie! Die laaste seël sê dat God ons