Sa Gemeente Londen Preke - Audio & Video

Informações:

Sinopse

Die nuutste audio en video preke vanaf SA Gemeente Londen

Episódios

  • Kerk by 'n Kruispad - Week 1 (audio)

    22/01/2017 Duração: 47min

    Die boek Openbaring is geskryf vir die kerk en gelowiges om hulle te help om te oorleef in baie moeilike omstandighede – hulle is vervolg, polities en ekonomies uitgeskuif en selfs doodgemaak as gevolg van hulle geloof in Jesus Christus. Hulle was by ‘n kruispad en die groot vraag was of dit nog vir hulle die moeite werd is om te bly glo. Johannes plaas die fokus aan die begin van die boek op Jesus. Niks is belangriker as ons verhouding met Hom nie. Die uitdaging is om te sorg dat ons verhouding met hierdi

  • Sondag, 30 Oktober 2016

    30/10/2016

    Rian se preekopname van Sondag, 30 Oktober 2016

  • Gebed - Week 3 (audio)

    25/09/2016 Duração: 41min

    Gebed - Week 3 (audio)

  • Gebed - Week 2 (audio)

    18/09/2016 Duração: 38min

    Gebed - Week 2 (audio)

  • Gebed - Week 1 (audio)

    11/09/2016 Duração: 38min

    Gebed begin op ons kniee voor God

  • Sondag 10 April (audio)

    10/04/2016 Duração: 34min
  • BRAVE - Week 5 (audio)

    13/03/2016 Duração: 46min

    Herstel, regmaak, groei in ons verhouding met die Here vra toegewyde en harde werk – daar is geen ander pad nie. In Daniel 6 sien ons hoe Daniel se gereelde daaglikse tyd saam met die Here hom red uit ‘n onmoontlike situasie en Jesus verklaar self in Johannes 15 dat ons sonder Hom niks kan doen nie. Ons het eenvoudig nodig om doelbewus tyd te maak vir ons verhouding met die Here. Daarsonder sal ons nooit groei nie.

  • BRAVE - Week 4 (audio)

    06/03/2016 Duração: 38min

    Om te vergewe is nie maklik nie, maar daarsonder het ons nie ‘n kans nie! Hierdie preek daag jou uit om dapper genoeg te wees om te vergewe, om dapper genoeg te wees om God se vergiffenis te aanvaar, want God vergewe. En dan om dapper genoeg te wees om ander te vergewe.

  • BRAVE - Week 3 (slegs audio)

    28/02/2016 Duração: 46min

    Die derde Sondag in ons reeks BRAVE vra die vraag: Is jy dapper genoeg om te dien? Ons moet eerstens dien, doodeenvoudig omdat Jesus gedien het (Johannes 13) en vir ons die voorbeeld vir diens stel. Tweedens dien mense as hulle ‘n ontmoeting met God gehad het. As God bv vir Abraham roep in Genesis 12 dan is sy belofte om hom te seën, sodat hy ‘n seën vir ander kan wees. In die derde plek help dien jou om geestelik te groei – Hebreërs 6.

  • BRAVE - Week 2 (audio)

    21/02/2016 Duração: 39min

    Die uitdaging vir hierdie week 2 van BRAVE is om dapper genoeg te wees om weer met God te waag. Hy is die enigste plek, die enigste persoon wat die sleutel vir die lewe dra, die enigste bron van water om ons dors te les, wat ons honger sal stil en ons kan help om ons vrees en bekommernis te oorkom. Maar ons sal nuut moet leer om Hom te vertrou…

  • BRAVE - Week 1 (audio)

    14/02/2016 Duração: 43min

    Om eerlik te wees oor waar ons op die oomblik is – Droogtes (fisies en geestelik) daag ons uit met die toestand van ons damwalle, want walle is geneig om te kraak as dit droog is en dan bars dit as nuwe water instroom. Ons sal eerlik moet wees oor die krake in ons geestelike damwalle. Jesus konfronteer ons direk hiermee. Hy weet as ons dit nie regmaak nie het ons geen kans om lewende water te ontvang en te hou en te groei nie! is jy dapper genoeg om eerlik te wees oor dit wat jou damwalle kraak en afbreek

  • Andre Harmzen (audio)

    01/11/2015 Duração: 30min

    Andre Harmzen van Noordwyk preek vandag by ons

  • Fruitfulness on the Frontline - Week 5 (audio)

    18/10/2015 Duração: 42min

    Dawid ontdek dat God alles weet wat hy doen en dat God hom gaan straf vir sy sonde. Maar sy rekasie red hom! In v 13 erken en bely hy sy sonde. Maar dit neem nie die gevolge weg van sy oortredings nie, Sonde het altyd gevolge en soms is die grootste impak daarvan in ons huise. Sonde vernietig natuurlik ook ons getuienis! Maar ook dit is nie die einde van die pad nie, want God vergewe en in vergiffenis ontdek ons dat nuwe lewe en liefde moontlik is.

  • Fruitfulness on the Frontline - Week 4 (audio)

    04/10/2015 Duração: 35min

    Jesus gee aan ons die opdrag om sout te wees vir die aarde, wat moet smaak gee, perseveer, wat reinig en genees, maar wat ook kosbaar is. Sout maak dors en ons moet met ons lewens ‘n honger en dors wakker maak in ander, na die Here wat ons dien. Sout wat verslaan beland op die pad en ook (verrassend) daar het dit ‘n belangrike funksie.

  • Fruitfulness on the Frontline - Week 3 (audio)

    27/09/2015 Duração: 37min

    God skep ons as sy verteenwoordiger, as sy beeld wat Hom dwarsdeur die skepping verteenwoordig. Hierdie opdrag wat die mens in Gen 1:27 ontvang is nog steeds geldig. Om God te vetreenwoordig in ons werk en huise en orals waar ons is, is ons primêre getuienis verantwoordelikheid.

  • Helenic Ministries - Greece (audio)

    20/09/2015 Duração: 46min

    Helenic Ministries - Greece

  • Fruitfulness on the Frontline - Week 2 (audio)

    13/09/2015 Duração: 39min

    Om vrug te dra het ons ‘n “inside job” nodig! Ons kan nie sommer besluit da tons goeie mense wil word en reg gaan leef nie, dit gaan nie gebeur nie – en ons almal ken heirdie pad baie goed. Die fokus van hierdie pad is dan maar net weer op onsself wat in eie krag weer ‘n selfverbeteringsprojek aanpak. ‘n Lewe van vrug is die spontane resultaat van ‘n lewe wat oorgegee is aan die Heilige Gees.

  • Fruitfulness on the Frontline - Week 1 (audio)

    06/09/2015 Duração: 37min

    God se GROOT PRENTJIE - Ons het as Christene ‘n getuienis verantwoordelikheid. Hierdie opdrag skrik ons af, maar nooit mag ons dink dat ons op ons eie op hierdie journey is nie. In 2 Konings 6 as ‘n vyandige leër hulle omsingel is Elisa se antwoord in v 16: “Die wat by ons is, is meer as by hulle…” God is by ons en ons onderskat baie keer die geweldige potensiaal daarvan! Die fokus bly vir Christene altyd op dit wat God kragtig in en deur Jesus Christus in ons en deur ons wil en gaan doen.

  • Ferdie Clasen (audio)

    30/08/2015

    Ferdie Clasen van Suidwyk kuier vandag by ons terwyl Rian op verlof is

  • Ferdie Clasen

    30/08/2015 Duração: 26min

    Ferdie Clasen van Suidwyk kuier vandag by ons terwyl Rian op verlof is

página 2 de 23