So Loop Hy Maar, Die Lewe En So

Informações:

Sinopse

Suid-Afrika se heel eerste suiwer Afrikaanse potgooi (bo en behalwe al die ander wat reeds bestaan).Het jy al ooit pseudo-filosofies gereis van 'n gegronde feit oor die wêreld tot in die stratosfeer van jou verbeelding?Hierdie potgooi gaan jou toelaat om presies dit te ervaar met lekker geselskap en 'n ligte atmosfeer. Of nie.Dalk geniet jy dit net.

Episódios

  • Episode 40 : So Loop Hy Maar, Slaap en So

    23/02/2020 Duração: 01h27min

    SLAAP Sukkel jy? Is dit maklik? Hoeveel ure is ideaal? Hoe beïnvloed slaap jou gesondheid? Het jy ook al wakker geword na 'n vliegdroom, jou arms geflap, en gedink jy gaan takeoff?! Jessica Fourie is 'n Slaap-Tegnikus (ons het nie besef so iets bestaan nie) by die slaap-kliniek, Fourie & Associates - daar's 'n hele paar takke in die land en sy werk (onder andere) by die Milnerton Medi-Clinic tak.  Hierdie was WAY meer wetenskaplik en educational as wat ons besef het. Lekker luister! Lekker slaap!

  • Episode 39: So Loop Hy Maar, Vergeet My Nie Director — Andre Velts — En So

    14/02/2020 Duração: 01h36min

    Nog nooit so iets beleef nie. First Exclusive: Die ex-personal trainer, destydse inwoner van Londen, en vandag director — Andre Velts — deel sy hart in die mees vulnerable en brawe podcast waarvan ons al deel was.   As jy net een van ons podcasts wil luister, luister dié een.   Die sound is uiteindelik goed.   *Andre se nuutste fliek "Vergeet My Nie" het vandag in fliekteaters begin

  • The real EPISODE 38: So Loop Hy Maar, Danie van Spoegwolf en So

    09/02/2020 Duração: 01h04min

    Danie du Toit is die lead singer van Spoegwolf, mede-eienaar van Drum-restaurant op Stellenbosch en die skrywer van 'n digbundel wat pas verskyn het.   As mens dink aan hoe mense van Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker, Jan Rabie, daai tipe name praat - ek vermoed óns kinders gaan so oor Danie praat.   'n Groot gees in nederige vlees.   Ook, Francois van Coke en Danie het 'n song "Dagdrome in Suburbia" gemaak. Danie vertel daaroor.    Enjoy. 

  • Episode 37: So Loop Hy Maar, Wayne van Rooyen en So

    30/01/2020 Duração: 01h49min

    Dis 2020!!!!!!!!!!

  • Episode 36: So Loop Hy Maar, Dirk Agenbag - Digital Genius - En So

    20/12/2019 Duração: 01h24min

    'Al wat ek gedink het, was hou Steven Kitshoff van my?'  Een van die mees fassinerende podcasts waarvan ek al deel was.  Of jy al op vakansie is, of tot Kersfees nog werk, hierdie episode neem jou op 'n journey. Dirk Agenbag is 'n digital creative director by die ad agency, TBWA\Hunt\Lascaris in Johannesburg.  Ek het altyd van hom geweet - sy gutsy, hilarious social media posts raakgesien en gewonder of helfte van Kaapstad op hom verlief is.  Dirk het die hele Rugby World Cup saam met die Springbokke getoer (en gewerk) en hy share ook sy ervaringe met die Bokke.  Hoe impressive iemand is, kan van 'n afstand intimiderend wees. Tot julle connect en jy die mens agter jou indruk ontmoet...  Van die grootste creative geniuses het ook mental health challenges. En ek het finally goeie-quality audio begin uitfigure

  • Episode 34: So Loop Hy Maar - Reynardt Hugo se Prank Calls en So

    19/11/2019 Duração: 01h40min

    Reynardt Hugo is 'n force of nature: 'n sanger, akteur, kranige sportman, toekomstige super-entrepreneur, en, in 'n ander lewe, 'n komediant. Dalk selfs nog in hierdie leeftyd... In hierdie episode, deel hy 'n besondere spesiale gawe met ons.    

  • Episode 33 - So Spook Hy Maar, die Dood en So

    29/10/2019 Duração: 01h26min

    BOO!  Episode 33 is ons Halloween episode! Niel Nogsteeds, Nini Conradie en Jaco Nothnagel gesels oor beroemde Suid-Afrikaanse spoke, Charlie Chapman se lyk, vreemde bloedige oortuigings en ander skrikwekkende spookstories! Geniet dit!

  • Episode 32: So Loop Hy Maar - Brendan Fraser, 7de Laan, Stuntmen en So

    17/10/2019 Duração: 01h24min

    Onthou jy Brendan Fraser? Onthou jy Blast from the Past, The Mummy en George of The Jungle? Ken jy 7de Laan? Hierdie episode is letterlik vir jou! Madelaine is 'n stylist en super-woman wie onlangs baie tyd met bogenoemde Brendan spandeer het. Haar man, André, is 'n sport-spelende, Crossfit-dominating force-of-positive-energy wat as Rickus op 7de Laan bekend is. Skop jou skoene uit, hierdie episode voel soos naweek!!

  • Episode 31: So Loop Hy Maar - Katinka Die Kat en So

    07/10/2019 Duração: 01h13min

    Katinka Die Kat is jonger as 23 en sy't moontlik al meer reggekry as baie 70 jariges — dis gelyk motiverend en depressing! ;-) In all honesty, sy's 'n super awesome mens (en entrepreneur) en ons leer in hierdie episode die Katinka agter die Kat ken. Meow!  

  • Episode 30 : So Loop Hy Maar - Johannes die Entrepreneur en So

    24/09/2019 Duração: 02h50s

    Ons gesels met Johannes Le Roux, die entrepreneur agter The Dutchess gin, Brannas Draught, Suncamino Rum en nou ook Dope Drinks.  Hierdie is ook 'n reünie-episode vir Niel en Pietie nadat die Johannesburg kantoor gevestig is. What a wonderful life! Geniet die episode!

  • Episode 29 : So Loop Hy Maar - Marnus Broodryk en So

    10/09/2019 Duração: 01h29min

    Jy ken hom dalk as die jong shark op Shark Tank SA, maar die suksesstorie van Marnus Broodryk strek veel wyer as dit. Marnus kuier by SO LOOP HY MAAR, DIE LEWE EN SO in ons eerste episode met Pietie Beyers - uit ons splinternuwe Johannesburgse kantoor!

  • Episode 28 : So Loop Hy Maar - Tinerie en haar feite en so

    29/08/2019 Duração: 01h24min

    Niel Nogsteeds gesels met Tinerie van Wyk Loots en Jaco Nothnagel oor scary movies, toneelstukke, Twilight, die heelal en nagapies. Geniet dit!

  • Episode 27 : So Loop Hy Maar - Jack Parow en Skape en So

    15/08/2019 Duração: 01h28min

    Niel Nogsteeds gesels met Jack Parow en Nini Conradie oor skape wat rol, "rap" lirieke, Stockholm Syndrome, die Rolling Stones en allerande ander amazing nonsens. Cheers!

  • Episode 26 : So Loop Hy Maar - Ötzi “the Iceman” en So

    01/08/2019 Duração: 01h19min

    Niel Nogsteeds en Piet Pietie Beyers chat met lede van die Duchess Virgin Gin span, Inus Smuts en Talita Calitz, oor hulle amazing gin, dwelms, die dood en Ötzi “the Iceman”. Ondere andere.    Geniet dit!  

  • Episode 25: So Loop Hy Maar - Broodbak en So

    17/07/2019 Duração: 01h23min

    Ons gesels met Jacques de Villiers en Corrie Gunter oor musiek, Anti-vax mammas, HIV, broodbak, "objectophilia" en ander interessante dinge van die lewe. Geniet dit!

  • Episode 24 : So Loop Hy Maar - Krieketmoorde en So

    03/07/2019 Duração: 01h17min

    Ons gesels met Annemarie Du Plessis, mede-vervaardiger van Marche Media, en awesome mens en siel.  Ons chat bietjie oor haar werk, oor krieket, die Boring Conference, en oor haar awesome feit! Geniet dit!  

  • Episode 23 : So Loop Hy Maar - Lea en Christia en So

    16/06/2019 Duração: 02h01min

    Ons word bederf met die teenwoordigheid van twee van Suid-Afrika se mees talentvolle jong aktrises, Lea Vivier en Christia Visser.  Ons gesels oor die vermaaklikheidsbedryf, koeie, interessante werke, kokosneute en ander onverwante onderwerpe. Geniet dit! 

  • Episode 22 : So Loop Hy Maar - Reynardt Hugo en Marijuana en So

    07/06/2019 Duração: 01h21min

    Ons gesels verder met Binnelanders akteur en sanger van die band Adam  -  Reynardt Hugo.  Ons praat hierdie keer oor marijuana, emoes, digitale drukkers, eierwit en allerande ander uiters belangrike dinge van die lewe, en so.  Hierdie episode is deel 2 van 2 van ons gesprek met Reynardt. Geniet dit! 

  • Episode 21 : So Loop Hy Maar - Reynardt Hugo en die Vriendskap Paradoks en So

    31/05/2019 Duração: 01h32min

    Ons verwelkom vir Binnelanders akteur en sanger van die band "Adam"  -  Reynardt Hugo.  Ons praat bietjie oor Reynhardt se geskiedenis, die "ups and downs" van die lewe en bespiegel ook oor die eienaardige konsep van sosiologie genaamd die "vriendskap paradoks".  Hierdie episode is deel 1 van 2 van ons gesprek met Reynardt. Geniet dit! 

página 3 de 4