Radio Scriptura

Informações:

Sinopse

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episódios

  • Pastoraal: Woede

    23/04/2024 Duração: 30min

    Is daar 'n onderskeid tussen goeie woede en sondige vorme van woede?  Kan woede dan nog goed wees, en hoe lyk die sondige vorme van woede?  Is kwaadword 'n sonde opsig self?  Hoe gemaak met hoë frustrasies, baie stres, 'n tekort aan selfbeheersing en emosionele selfregulasie, en negatiewe gedragspatrone?  Is my woede geregverdig in die lig van wie Christus is?

  • Pastoraal: Werke van die bose

    16/04/2024 Duração: 34min

    Na aanleiding van 'n luisteraar se vraag:  Wat is die werking van die bose, en is demoonbesetting die rede vir siektes?  Sien ons vandag nog werke van die bose en demoonbesetting?  Kan ons mooi onderskei tussen fisiese siekte en bose werke?  Kan demone mense siek maak, of is mense eintlik bygelowig? Kry gelowiges bose aanvegtinge, en kan christene deur demone beset word?  Wat is die fout met sogenaamde bevrydingsbedienings, en hoe is dit laster teen God? Hoe beraad ons dus mense oor die bose, bose aanvegtinge en demoonbesetenheid indien hulle dit ervaar of daaroor twyfel, veral in tye van siekte, ongeluk en dood? Fokus liewer op die heerskappy van die waaragtige God en Sy oorwinning van die bose aan die kruis.  

  • Pastoraal: Psigopatie

    09/04/2024 Duração: 39min

    Wat is 'n psigopaat? Hoe verskil dit van narsisisme en sosiopatie? Hoe word psigopatie geklassifiseer? Is dit boosheid of 'n siekte? Hoe kan ons bybels sin maak van hierdie super manipulerende gedrag van psigopate is, of gediagnoseer is met persoonlikheidsversteurings? Kan psigopate ook verantwoordelikheid vir hulle sonde neem? Kan 'n psigopaat gered word? Word sonde as mediese siektes geklassifiseer en gediagnoseer, of moedig ons mense aan om verantwoordelikheid vir hul sonde te vat?  Paulus sê, ".... as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepping."   

  • Perspektief: Maart 2024 - Kruistogte en Paasstasies

    02/04/2024 Duração: 35min

    Christus se lyding was volkome en die prys vir ons sonde is reeds aan die kruis betaal.  Wat sal mensgemaakte paasfees rituele, kruistogte en paasstasies van die wonderlike evangelie boodskap steel, of probeer byvoeg?  Jesus het reeds aan die kruis gesê, "Dit is volbring".  Kolossense 2:6-14: "Pasop dat niemand julle meevoer deur 'n filosofie en leë bedrieëry, wat gegrond is op menslike tradisie en teorieë oor die kosmiese elemente, en nie op Christus nie. Want in Hom woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik. En in Hom, wat Hoof oor elke heerskappy en mag is, is julle met hierdie volheid vervul. In Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis deur mensehande nie, maar deur die besnydenis van Christus, waardeur julle sondige bestaan weggeneem is. Omdat julle in die doop saam met Hom begrawe is, is julle ook saam met Hom opgewek deur die geloof in die krag van God, wat Hom uit die dood opgewek het …. Hy het die skuldbewys met sy aanklagte teen ons uitgewis en dit blywend weggeneem, toe Hy dit aan die

  • Pastoraal: Verslaaf aan pornografie

    26/03/2024 Duração: 32min

    Is pornografie werklik so verslawend en wat is die uitwerking daarvan op die menslike brein?  Hoe affekteer dit volwassenes en kinders psigies, emosioneel, geestelik en fisies?  Is tegnologie en blootstelling aan pornografiese materiaal op verskillende platvorms dalk 'n groter uitdaging as wat ouers besef?  Het ons nog 'n bybelse persepsie van gesonde seksuele verhoudings soos God se woord dit vir ons voorhou?  Is 'n bybelse wêreldbeskouing nog belangrik wanneer ons met kinders praat oor seks en seksualiteit?  Hoekom kyk mense en kinders pornografie?  Wat moet ons eerste aanspreek om die groeiende probleem uit te roei?  Wie kan ons daarvan genees?

  • Pastoraal: Verwaandheid

    19/03/2024 Duração: 37min

    Hoe is trots, selfliefde, ydele eer oftewel verwaandheid 'n teken van diep ongeloof en hoogmoed, of selfs verwand aan narsisme?  Wat is die een ding wat ons heimlik ook deel met die gesindheid van die fariseërs?  Het ons 'n hoër beeld van onsself as van God?  Johannes 3:30 stel dit baie eenvoudig, "Hy moet meer word, maar ek minder."  In wie vind ons ons waarde?  Gebruik God lyding en beproewing om ons harte nederig te hou? Hoe bring die wet vir ons perspektief oor  onsself?

  • Luisteraarsvraag: Was die ou kerkvaders gereformeerd?

    12/03/2024 Duração: 43min

    Wie was die eerste kerkvaders?  Waar kom ons gereformeerde beginsels en beleidenisse vandaan?  Hoekom volg ons'n sekere orde in die gereformeerde kerk? Is gereformeerde teologie 'n nuwe uitvindsel van die 16de eeu? Waar pas Calvinisme in (TULIP)? Waar kom "progressiewe" christenskap vandaan?  Semper Reformanda -  hervorm steeds in ooreenstemming met die Woord van God. 

  • Wat sê die vers? 1 Timótheüs 1:15

    05/03/2024 Duração: 35min

    Paulus skryf vir die gemeente van Efese en gee vir Timótheüs pastorale riglyne van hoe die kerk van God moet funksioneer.  Hy belei in sy brief:   "Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is."  Van watter ongeloof praat die eks-fariseër Paulus hier?  Was Paulus dan nog 'n sondaar toe hy hierdie brief geskryf het?  Verseker, en dit is hoe nodig ons Christus en Sy verlossing daagliks het.   Himenéüs en Alexander is aan satan oorgegee, maar hoekom?   Hoe ernstig is dwaalleer en hoe affekteer dit die res van die gemeente se geestelike veiligheid?  Hoekom is dit deel van die kerk se opsig en tug teenoor die ongehoorsame lidmaat?  Hoe moet die herders dan die gemeente beskerm? 

  • Perspektief: Februarie 2024

    27/02/2024 Duração: 37min

    Dink na oor kerk en staat was Professor Fika Janse van Rensburg se onlangse skrywe in die media. ".... ons land kies dat die regering die pluraliteit van godsdiensvryheid erken, en dat godsdiensvryheid in ons land sal geld....." Die vraag is:  Is daar 'n beter weg as pluralisme? Wat is die staat se verantwoordelikheid teenoor die kerk en hoe verskil dit van Artikel 36 van Nederlandse geloofsbelydenis? Hoe behoort die kerk te preek en hoe moet die staat te regeer?

  • Wat sê die vers? 1 Petrus 3:18-20

    20/02/2024 Duração: 30min

    "Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;"  Wat is die konteks van hierdie teks?  Moet ons dit fisies, metafories of allegories beskou?  Gaan die teks oor lyding, vervolging en verdrukking? Wat is ons siening van Christus en verlossing in die ou testament?  Het Jesus homself fisies in die hel aan geeste gaan vertoon?  Wat is die troos vir gelowiges?

  • Wat sê die vers? Jakobus 5:14-15

    13/02/2024 Duração: 31min

    Wat is die fokuspunt van Jakobus 5:14-15?  Hoe behoort ons beproewing en siekte te sien?  Hoe lyk ons geloof prakties wanneer ons siek is?  Wie moet vir die siekes bid, en het die olie, salwing of ritueel 'n spesiale krag om te genees?  Wie het die gawe van genesing?  Wat word met die salwing in hierdie teks bedoel?

  • Wat sê die vers? Markus 16:16

    06/02/2024 Duração: 34min

    Markus 16:16:  "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word."  Is mens gered omdat jy gedoop is?  Moet jy gedoop word voordat jy gered kan word?  Wat is die bekeringsdoop en staaf hierdie teks dit werklik?  Wat hou die gereformeerde leer voor oor die kinderdoop, en vir wie is die sakrament gegee?  Hoekom doop ons kinders as geloof 'n vereiste tot redding is?  Wie beseël die doop?  Word ons geregverdig deur die doop of deur geloof?

  • Perspektief: Januarie 2024

    30/01/2024 Duração: 32min

    Scriptura sluit Januarie 2024 af met 'n christelike perspektief op drie nuusgebeure: Dricus du Plessis wen geveg teen Sean Strickland, 'n lasterlike reklamebord in Boksburg, en Suid-Afrika kla Israel aan van volksmoord op Gaza.

  • Wat sê die vers? 1 Samuel 16:14

    23/01/2024 Duração: 32min

    "Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk, en 'n bose gees, deur die Here gestuur, het hom verskrik."   Hoe maak ons sin daarvan dat 'n bose gees van God af kom?   Wat beteken dit dat die Gees van Saul gewyk het?  Hoe verskil die werk van die Heilige Gees tussen die nuwe testament en die ou testament?  Verlaat God ooit Sy uitverkore kinders?   Kan ons God se soewereine wil ontduik?   Verbondsverbreking kan daartoe lei dat God ons oorgee aan onsself, maar is God se liefde veranderlik?

  • Luisteraarsvraag: Ware kerk en valse kerk

    16/01/2024 Duração: 44min

    Hoe onderskei ons tussen die ware kerk en die valse kerk?  Is daar 'n geldige onderskeid te tref?  Waarom is daar 'n kwessie met die lering van sommige kerke en denominasies?  Wat is die kenmerke van die ware kerk teenoor die false kerk?  Is die suiwer verkondiging van die evangelie, die gereelde bediening van die twee sakramente en kerklike tug belangrik vir gelowiges? Wat is die verantwoordelikheid van elke christen?

  • 'n Nuwe jaar vir Scriptura

    09/01/2024 Duração: 43min

    Wie en wat is Scriptura, en wat lê vir ons voor vir 2024?  Waarom die informele aanlyn ontmoetings oor wat in die Bybel staan, en wat die gereformeerde leer inhou?  Wat is die rol van Scriptura in die Afrikaanse gemeenskap en in die plaaslike kerk?  Wat is die hooffokus van die bediening en watter antwoorde hou die Skrif vir ons voor in die tyd en omstandighede waarin ons leef?  Het Scriptura antwoorde vir kerkloses of diegene wat soekend is?  Die span het een groot hartsbegeerte:   om 'n stem vir die evangelie te wees vir die Afrikaanse gemeenskap in Suid-Afrika en in die buiteland, en die roeping van suiwer woordverkondiging te vervul.

  • Die Tien Gebooie - Wet en Evangelie

    12/12/2023 Duração: 36min

    "Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het."   Watter groot genade!  Die wet spreek reg en geregtigheid. Wat is die verhouding tussen wet en evangelie? 

  • Die Tien Gebooie: Die Tiende Gebod

    05/12/2023 Duração: 32min

    Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie;  jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. Wat is die hart se gesindheid?  Wat beteken die woord begeer? Waaroor gaan vleeslike begeertes, en hoe stry ons daarteen? 

  • Perspektief: November 2022

    28/11/2023 Duração: 33min

    Scriptura werp Bybelse lig op die nuwe regulasies vir landbou-uitvoere vir blanke boere, die voorgestelde Bela wetsontwerp vir onderwys en skole, en Nederland se regse politieke party wat hul kultuur verdedig en stry teen massa immigrasie.  Mag enige wet, taal of kultuur in die pad van die evangelie staan? Hoe kan ons die staat verantwoordelik hou vir goeie regering, ekonomiese bestuur, vryheid van geloof en ons goddelike mandaat vir die opvoeding van ons kinders?

  • Die Tien Gebooie: Die Negende Gebod

    21/11/2023 Duração: 39min

    Wat is waarheid?  Wat word in die negende gebod gebied en verbied, en wat is die hart van die gebod?  Hoe handhaaf ons die waarheid in die samelewing?  Hoe praat ons van ons naaste, oor ons naaste en met ons naaste?   Het ons nog 'n liefde vir die waarheid, en beskerm ons nog die reputasie van ons naaste?  

página 1 de 16