Wat Met Willim Welsyn Podcast

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editora: Podcast
  • Duração: 268:52:33
  • Mais informações

Informações:

Sinopse

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.

Episódios

  • Episode 5. - Rian Malan

    02/06/2015 Duração: 49min

    Bekend vir sy ominous bestseller My Traitor’s Heart en minder bekend vir sy befokte, underrated Afrikaanse album Alien Inboorling – gesels Willim vandag met Rian Malan. Rian riff oor die vloek van die Afrikaner, journalism, geskiedenis, record labels, the art of storytelling en die fokop van die digital revolution. Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering. 

  • Episode 4. - Andries Bezuidenhout

    31/05/2015 Duração: 50min

    Willim bel eers vir Griffin van Watkykjy.co.za om meer uit te vind oor al die geld wat hy gehelp het om in te samel vir Drikus ‘Brixton’ Barnard van die Brixton Moord en Roof Orkes se breinoperasie. Daarna gesels hy met  Brixton Moord en Roof Orkes se sanger Andries ‘Roof’ Bezuidenhout oor hulle nuutse album – ‘Slaaptyd in Die Suburbs’, academics en Drikus se breinoperasie wat hierdie Woensdag plaasvind. Hulle praat ook oor The Beatles, Rolling Stones en Arcade Fire. Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.

  • Episode 3. - Francois Van Coke

    26/05/2015 Duração: 01h27s

    Willim gesels met Francois oor die skielike sukses van sy nuwe solo album, die power van love songs en die hele nuwe audience wat hy onlangs gevind het. Francois bespreek ook sy vrese, life in the suburbs en daai keer wat hy vir Dave Grohl en James Hetfield ontmoet het. Hy laat ook ’n paar ape uit die mou ivm die Blood Brothers setlist. 

  • Episode 2. - Toast Coetzer Deel 2 van 2

    18/05/2015 Duração: 01h08min

    Willim en Toast gesels oor The Buckfever Underground, Oppikoppi, Ons Klyntji se voortbestaan en die beskerming en kuratorskap van ons huidige kunste. 

  • Episode 1 - Toast Coetzer Deel 1 van 2

    16/05/2015 Duração: 01h03min

    Joernalis, beat poet, radio-omroeper en fotograaf Toast Coetzer kom kuier in die garage vir die heel eerste onderhoud op Willim Welsyn se nuwe podcast show, WAT. Hulle gesels oor die Ooskaap, boeke, musiek uit die 90s, The Buckfever Underground en die waarde van popkultuurbeskerming.

página 10 de 10